• erfenis

  • feesjaar



  • folkdancevolkspele
  • Welkom by die A.V.V.B.

    Die Afrikaanse Volkspele het in omstandighede en by geleenthede ontstaan waar gemeenskappe en gesinne gelukkig bymekaar was, waar prettige situasies ontwikkel het, en veral ook by die vreugde van die arbeid.

    Lees Meer

  • Eeeufees 1914 tot 2014

    Die Volkspele-beweging is op 28 Februarie 2014 'n eeu oud en nie almal is seker daarvan bewus dat die beweging op Boshof gestig is nie. 'n Groot eeufees word vir 2014 beplan om die geleentheid te herdenk, en dit sal op Boshof gehou word. As voorloper tot dié fees, word 'n "mini-fees" beplan vir 28 Februarie 2013.

    Lees Meer

  • Saamtrekke.

    Daar is amper weekliks Volkspele saamtrekke regdeur die land. Vold die skakel vir ons saamtrekke kalender

    Lees Meer

Dr Pellissier

design                       

Die vergesig en innige liefde vir sy volk en kultuur, het in 1912 'n jongman ge'inspireer om dit een van sy take te maak om volksang, volkspele en volksdrag - tot hul reg te laat kom. Omdat hy besef het dat hierdie dinge onlosmaaklik deel van eie volk is.

S. H. Pellissier sal onthou word as kultuurleier, onderwysleier, kerkman, gesinsman, maar veral as stigter van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging. Mag hierdie kultuurvlammetjie, wat deur horn aangesteek is, deur elke volksanger en -speler tot in lengte van dae gekoester word. Die volksangers en volkpelers van Suid-Afrika huldig met dankbare erkentlikheid die nagedagtenis van 'n groot man:

Lees Meer

Die Storie agter Volkspele

n538479349 377945 8297

Die Gees en Vertolking

Die Afrikaanse Volkspele het in omstandighede en by geleenthede ontstaan waar gemeenskappe en gesinne gelukkig bymekaar was, waar prettige situasies ontwikkel het, en veral ook by die vreugde van die arbeid.

Die boerelewe was, en is, hoofsaaklik die teelaarde van hierdie kultuurvorm. In ons navorsing vind ons dat boeregesinne en groepe spontaan gesing het van die dinge wat hulle doen en beleef. Dikwels het so 'n liedjie dan gestalte gekry in 'n speletjie wat 'n nabootsing is van dinge wat op die plaas gesien en gedoen word. Die vierperdewaKapkar en Nana bak mosbeskuit is onder andere voorbeelde van sulke handeling.

Ons vind ook die meeste van ons spele en liedjies in die streke van ons land waar ons mense in groter veiligheid kon woon, d.w.s. in die gebiede waar hulle hul redelik permanent kon vestig, soos bv. waar die eerste republieke Swellendam en Graaff-Reinet gestig is, en in die Outeniqualand waar die Grootberg eers verower moes word en die boeremense geleentheid gevind het om wortel te skiet.

Lees Meer

Ons kleredrag

saamtrek

'n Persoon wie se naam ons heel eerste behoort te noem en in ere moet hou is dié van mej. Trudie Kestell van Bloemfontein. Jare gelede het sy en 'n paar vriendinne op Bloemfontein 'n mooi geleentheidsportret laat neem waarop hulle in historiese Voortrekkerdrag geklee sit met 'n klein tent in die agtergrond en 'n ketel e.a. kombuisgereedskap in die voorgrond. Hierdie portret het vir jare in 'n vertoonvenster van æn afnemer gestaan waar ek dit ook in 1915-1916 gesien het. Dit het groot belangstelling gewek. Hierdie portret het destyds aan dr. Pellissier, toe 'n onderwyser, die idee gegee om in 1915 vir die eerste keer in Suid-Afrika 'n groep mans en vroue in historiese Voortrekkerdrag in Dingaansvierding (Geloftedag) op Boshoff in die Vrystaat te laat bywoon. Die mans was almal in bruin ferweelpakke geklee.

 

Lees meer


"Great historic painters who are remembered for their great work never painted with a brush; they painted with their heart"